# Krieket: Die Protea-kolwer Tony de Zorzi is weens ‘n besering uitgesluit van die res van die eendagreeks teen Engeland. Hy het die besering Dinsdag opgedoen terwyl hy veldwerk gedoen het in die eerste wedstryd op Headingley, wat Suid-Afrika gewen het. Geen plaasvervanger is aangewys nie. Matthew Breetzke het intussen van sy linker-dyspierbesering herstel en is beskikbaar vir vandag se tweede kragmeting op Lord’s.
Krieket: Beseerde De Zorzi uit die oorblywende twee eendagwedstryde teen Engeland