Skip to content

Krieket: Beseerde Brevis gaan eendagreeks teen Pakistan misloop

# Krieket: Die Protea-kolwer Dewald Brevis gaan die drie eendagwedstryde teen Pakistan in Faisalabad misloop nadat hy ‘n spier in sy skouer verstuit het. Hy is beseer tydens Saterdag se laaste T20 in Lahore, wat die gashere gewen het om die reeks 2-1 te beklink. Die 22-jarige Brevis gaan sy rehabilitasie onder die mediese span voltooi, terwyl Krieket Suid-Afrika binnekort ‘n plaasvervanger sal aanwys. Die eerste eendagwedstryd word vandag gespeel, gevolg deur die tweede een Donderdag en die laaste een Saterdag.