Skip to content

Krieket: Beseerde Bethell gaan Engeland se toer in Suid-Afrika misloop

# Krieket: ‘n Besering gaan die kolwer Jacob Bethell uit Engeland se toer in Suid-Afrika hou. Hy moet nog ‘n knie-operasie ondergaan nadat hy in Julie laas kon speel in die derde eendagwedstryd teen Indië op Lord’s. Die 23-jarige Bethell het verlede week in Perth, Australië, by sy land se witbalgroep aangesluit, maar moes terugkeer huis toe nadat die besering weer opgevlam het. Engeland en die Proteas speel van 17 Desember toetse in Johannesburg, Centurion en Kaapstad, gevolg deur ‘n eendagwedstryd in die Paarl en twee in Bloemfontein.