# Krieket: Die ikoniese Gabba-stadion in Brisbane gaan gesloop word na 2032 se Olimpiese Spele in die Australiese stad. Dit is aangekondig as deel van die planne vir die byeenkoms, wat die oprigting van drie nuwe stadions in die middestad insluit. Die hoofstadion wat die atletiek-program en die opening- en sluitingseremonie sal aanbied, sal daarna die Gabba vervang. Queensland se premier, David Crisafulli, sê die verouderende Gabba was ‘n wonderlike spilpunt vir krieket sedert dit in 1895 geopen is, maar ondervind tans talle uitdagings.
Krieket: Beroemde Gabba in Brisbane gaan gesloop word na Olimpiese Spele van 2032