# Krieket: Indië se beheerliggaam moet ‘n nuwe hoofborg kry nadat die sport-dobbelplatform Dream-Eleven sy kontrak van 766-miljoen-rand gekanselleer het weens ‘n regeringsverbod op aanlyn dobbelary. Indië se grootste aanlyn dobbelplatform het in Julie 2023 ‘n driejaarkontrak onderteken om hoofborg te word van die nasionale mans- en vrouespan, en borg ook verskeie spanne in die Indiese Premierliga. Die regering se aanvaarding van die wetsontwerp maak die aanbieding en finansiering van aanlyn dobbelary ontwettig, strafbaar met tronkstraf van tot vyf jaar.
Krieket: BCCI soek nuwe hoofborg na Indiese regering aanlyn dobbelary verban