# Krieket: Indië se beheerliggaam, die BCCI, oorweeg streng optrede teen die Indiese Premierliga-span Rajasthan Royals, sy ander spelers en beamptes nadat die IPL sy kaptein, Riyan Parag, met 25-persent van sy wedstrydfooi beboet het omdat hy in die kleedkamer gedamprook het. Dit het gebeur tydens die wedstryd teen Punjab Kings. Damprook is onwettig in Indië. Rajasthan se bestuurder, Ravinder Singh Bhinder, is vroeër ook beboet omdat hy sy selfoon in die spanbank gebruik het tydens ‘n kragmeting. Die IPL sê Parag het ook een strafpunt gekry.
Krieket: BCCI oorweeg optrede teen Rajasthan na kaptein damprook