# Krieket: Bangladesj het teen die einde van die vierde dag van die eerste toets in Johannesburg 100 vir vyf behaal; hulle loop 57 lopies agter Suid-Afrika. Die Proteas het gister hervat op 386 vir sewe, nadat reën die laaste twee sessies van die derde dag in die wiele gery het. Ryan Rickelton het 157 lopies aangeteken, terwyl Kagiso Rabada ‘n loopbaanbeste van 72 bygedra het om die tuisspan te help om ‘n totaal van 557 in hul eerste beurt op die telbord te plaas. Bangladesj, wat 157 lopies agter is, het ‘n slegte begin in hul tweede beurt gehad toe hulle topkolwers uit is, waarna spel weens swak lig vroeg gestaak is.
Krieket: Bangladesj loop 57 lopies agter Suid-Afrika, met vyf paaltjies oor