# Krieket: Die sterkolwer, Babar Azam is terug in Pakistan se 16-man-groep vir die reeks van drie eendagwedstryde teen die wêreldkampioen, Australië, wat volgende week begin. Azam het die wegreeks in Maart teen Bangladesj weens ‘n fiksheidsprobleem misgeloop, maar het vroeër vandeesmaand sy terugkeer gevier met 588 lopies in die Pakistanse Superliga. Die snelbouler Shaheen Shah Afridi sal weer die span aanvoer, met Salman Ali Agha wat as onderkaptein aangewys is. Die eerste kragmeting is op 30 Mei in Rawalpindi.
Krieket: Babar Azam terug in Pakistan-groep vir die eendagreeks teen Australië