# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, glo kaptein Pat Cummins, sal fiks wees om ‘n belangrike rol te speel in die reeks om die As teen Engeland. Die snelbouler herstel steeds van ‘n laerug-besering, maar McDonald sê hy behoort gereed te wees om minstens in sommige van die vyf toetse te speel. Hy sê daar is nog heelwat tyd voor die eerste toets op 21 November in Perth begin. Cummins sal nie in volgende maand se witbal-reekse teen Nieu-Seeland en Indië speel nie.
Krieket: Australiese afrigter glo beseerde kaptein, Cummins, sal reg wees vir reeks om die As teen Engeland