Skip to content

Krieket: Australië toets beseringsplaasvervangers in rooibalkrieket vir uitvoerbaarheid in toetskrieket

# Krieket: Krieket Australië gaan die gebruik van beserings-plaasvervangers toets in hierdie seisoen se plaaslike Sheffieldskild-kompetisie om uit te vind of dit op toetsvlak ingestel kan word. Dit sal met die goedkeuring van die Internasionale Krieketraad getoets word in die eerste vyf rondes van die rooibal-kompetisie, wat hierdie naweek begin. Spanne sal ‘n beseerde speler tot aan die einde van die tweede dag se spel kan vervang met die goedkeuring van die wedstrydskeidsregter. In die belang van regverdigheid sal die ander span terselfdertyd ‘n taktiese plaasvervanger kan opstuur.