Skip to content

Krieket: Australië se afrigter verwag ‘n taai stryd in die toetsreeks teen Suid-Afrika

# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, verwag ‘n kragtige aanval van die Proteas wanneer die eerste toets môre in Durban begin. Suid-Afrika sal sonder verskeie eerstekeuse-boulers wees, maar McDonald glo die gasheer het genoeg diepte. Hy het ook vertroue in Australië se slaankrag om te verseker dat die reeks van drie wedstryde tussen die twee voorste spanne op die wêreldranglys ‘n strawwe stryd sal wees. Dit is deel van die Wêreldtoetskampioenskap se siklus vir 2025 tot ’27 nadat die Proteas die vorige een gewen het.