Skip to content

Krieket: Australië maak weer ‘n netto finansiële verlies ten spyte van Indië se toetsreeks

# Krieket: Die reeks van vyf toetse teen Indië het nie Krieket Australië se finansiële probleme verlig nie. Die beheerliggaam het ‘n netto-verlies van meer as 124-miljoen-rand vir die vorige boekjaar aangekondig. Dit is steeds heelwat minder as die vorige jaar. Krieket Victoria se voorsitter, Ross Hepburn, het die nasionale liggaam tydens vandag se jaarvergadering gekritiseer en gesê die situasie heers reeds van voor die Covid-19-pandemie. Krieket Australië se uitvoerende hoof, Todd Greenberg, is baie optimisties oor die huidige witbalreekse teen Indië en die reeks om die As teen Engeland.