# Krieket: Marnus Labuschagne en Usman Khawaja sal Australië se kolfbeurt open in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Suid-Afrika wat môre op Lord’s in Londen begin. Josh Hazlewood is bo Scott Boland verkies om die snelboul-aanval te loods saam met Mitchell Starc en kaptein Pat Cummins. Die veelsydige Cameron Green keer terug na ‘n rugoperasie, terwyl Beau Webster sy plek behou om die voorste boulers met sy medium-spoed te ondersteun. Spel begin 11:30 môre-oggend, Suid-Afrikaanse tyd.
Krieket: Australië kondig span aan wat in toets-eindstryd teen Proteas gaan speel