# Krieket: Australië kan verwag om herinner te word aan hul vorige besoek aan Nuweland wanneer die derde en beslissende toets Dinsdag teen Suid-Afrika in Kaapstad begin. Dit is die eerste keer op hierdie veld sedert die berugte skuurpapier-skandaal. Steve Smith is steeds deel van die span waarvan hy in 2018 die kaptein was toe die bouler Cameron Bancroft op kamera betrap is toe hy die bal met skuurpapier bewerk het. Die eerste twee toetse in die huidige reeks het baie min toeskouers gelok. Die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith sê Australië kan nie vir sy verlede wegkruip nie.
Krieket: Australië kan Dinsdag op Nuweland aan die ‘skuurpapier-skandaal’ herinner word