Skip to content

Krieket: Australië en Engeland vier 150 jaar se toetse by die MCG in 2027

# Krieket: Australië en Engeland gaan 150 jaar se toetskrieket in Melbourne in 2027 vier. Die wedstryd in Maart sal die eerste toets ooit tussen die aartsvyande in dié stad in 1877 herdenk. Dit sal die eerste dag/aand-manstoets by die MCG wees. Krieket Australië se uitvoerende hoof, Todd Greenberg, sê om onder die ligte te speel, sal ‘n fantastiese manier wees om die sport se ryk erfenis sowel as toetskrieket se moderne evolusie te vier. In die eeufeestoets by die MCG in 1977 het Australië Engeland met 45 lopies geklop.