# Krieket: Die Mumbai Indians het hulle eerste oorwinning in vanjaar se Indiese Premierliga behaal toe hulle die verdedigende kampioene, Kolkata Knight Riders, met agt paaltjies afgeransel het. Die nuweling, Ashwani Kumar, het vier paaltjies laat val en die KKR was almal uit op 116. Kumar is die eerste Indiese speler wat vier paaltjies in sy eerste IPL-wedstryd laat kantel. Die Suid-Afrikaner Ryan Rickelton het geantwoord met 62 en Mumbai het die teiken bereik met 43 balle oor. Rickelton sê hierdie oorwinning was ʼn verligting:
Krieket: Ashwani Kumar skitter in sy IPL-debuut toe Mumbai Indians met KKR afreken [KLANK]
ENG RickeltonOnWin