Skip to content

Krieket: Anrich Nortjé keer terug met deelname aan KSA se T20-uitdaagreeks

# Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé sal na verwagting die naweek weer terug op die speelveld wees. Die 32-jarige het by die Durbanse span, die Dolphins, aangesluit vir Krieket Suid-Afrika se T20-uitdaging. Hy het weens ‘n besering nog nie weer gespeel sedert die Indiese Premierliga in Mei nie en sy laaste wedstryd vir die Proteas was die eindstryd van die T20-Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande in Junie verlede jaar. Nortjé sê dis wonderlik om weer te kan speel en hy is steeds gemotiveerd.