Skip to content

Krieket: Albie Morkel is die Joburg Super Kings se nuwe hoofafrigter

# Krieket: Die veelsydige voormalige Protea-speler, Albie Morkel, is aangestel as Joburg Super Kings se nuwe hoofafrigter vir die komende SA20-seisoen nadat Stephen Fleming vroeër die maand bedank het. Die 45-jarige Morkel was vier jaar lank die hulpafrigter. Hy sê hy sien daarna uit om voort te bou op die sterk grondslag wat hulle reeds geskep het, en die span te help om sy volle potensiaal te bereik. Die vyfde SA20 begin op 17 Januarie en JSK skop sy veldtog die volgende dag af teen Paarl Royals.