# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, aanvaar daar sal senuwees wees wanneer hulle van vandag in Londen teen Australië speel in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap, maar verwag nie dat sy spelers onder druk sal swig soos in die verlede te dikwels met Suid-Afrikaanse spanne gebeur het nie. Sewe van die spanlede het reeds op die heiligdom van krieket, Lord’s, gespeel. Conrad sê die nuwe bal sal deurslaggewend wees en hy het snelbouler Lungi Ngidi bo Dane Paterson gekies om die meeste van daardie geleentheid te maak.
Krieket: Afrigter voorsien nie dat Proteas onder druk gaan swig in Toets-eindstryd nie