# Krieket: Afganistan se vrouespelers in ballingskap het opnuut hoop om internasionaal te speel danksy ‘n belofte oor befondsing deur die Internasionale Krieketraad. Die meeste het na Australië gevlug nadat die Taliban-regime se terugkeer in 2021 beteken het vroue en meisies mag nie aan sport deelneem nie. Die IKR beplan om ‘n toegewese fonds te stig om die vroue te ondersteun, maar het nie finansiële besonderhede bekendgemaak nie. Een van die spelers, Nahida Span, het in Melbourne aan Reuters gesê hulle is bemoedig en voel gewaardeerd.
Krieket: Afganistan se vrouespelers in ballingskap bemoedig deur IRK se befondsingsbelofte