# Krieket: Afganistan se afrigter, die gewese Engelse kolwer Jonathan Trott, sê sy spelers besef maar te goed dinge is nie reg in hulle land nie. Hy het reageer nadat sowat 200 Britse politici vroeër vanjaar gevra het Engeland moet vandag se Kampioenetrofee-wedstryd teen die Asiese land in Lahore, Pakistan, boikot. Hulle was bekommerd oor die Taliban-regime se onderdrukking van vroueregte, insluitend hulle deelname aan sport. Trott sê sy spelers het die vermoë om verandering in Afganistan teweeg te bring.
Krieket: Afganistan se afrigter sê hulle besef dinge is nie reg in hulle land nie