Skip to content

Krieket: AB glo RCB kan die IPL vanjaar die eerste keer wen

# Krieket: Royal Challengers Bengaluru se gewese kolwer, die Suid-Afrikaner AB de Villiers, glo die balans en die Indiese kolfmeester Virat Kohli in die top-orde gee die span ‘n kans om die Indiese Premierliga vanjaar die heel eerste keer te wen. Die span het oor die jare al die groot name gelok, maar kon nog nooit die trofee lig nie. De Villiers het RCB van 2011 tot ’21 verteenwoordig. Hy sê vanjaar se span, ook met spelers soos kaptein Rajat Patidar, Phil Salt en Liam Livingstone, is baie sterk.