Skip to content

Krieket: 43-jarige Anderson sal vir Originals speel in The Hundred-toernooi

# Krieket: Die legendariese Engelse snelbouler, Jimmy Anderson gaan vanjaar vir Manchester Originals speel in The Hundred. Dit sal sy eerste deelname aan franchise-krieket wees na ‘n beroepsloopbaan van langer as 25-jaar. Anderson sal 43 wees wanneer die toernooi volgende maand begin. Hy was met sy uittrede verlede jaar die Engelse bouler met die meeste paaltjies ooit nadat hy 704 toetspaaltjies en 269 paaltjies in internasionale eendag-wedstryde platgetrek het. Sy voormalige spanmaat, Andrew Flintoff, se tienerseun, Rocky, sal vir Northern Superchargers speel waar sy pa hoofafrigter is.