Skip to content

Kragonderbreking by Mapleton-pompstasie veroorsaak wateronderbrekings in Gauteng

# Rand Water in Gauteng het ‘n nood-onderbreking in watervoorsiening aangekondig in Ekurhuleni en Tshwane sowel as drie plaaslike munisipaliteite. Dit volg op ‘n kragonderbreking by die Mapleton-pompstasie in Boksburg. Die nutsmaatskappy meld dat die onderbreking pompbedrywighede ontwrig en die watertoevoer na verskeie reservoirs verminder het. Volgens Rand Water werk tegnici daaraan om kragtoevoer te herstel en bestendig te maak. Inwoners word gevra om water spaarsaam te gebruik, terwyl die betrokke munisipaliteite noodmaatreëls instel om die uitwerking van die voortdurende onderbrekings te versag.