# Die Departement van Korrektiewe Dienste gaan sy onderrigbeleid hersien nadat die Konstitusionele Hof beslis het dat die verbod op persoonlike rekenaars in gevangenisselle ongrondwetlik is. Die hof het bevind dat die beperking inbreuk maak op gevangenes se reg op voortgesette onderwys. Die departement het 12 maande om ’n nuwe beleid te implementeer wat persoonlike rekenaars, sonder internettoegang, toelaat vir gevangenes wat by goedgekeurde studieprogramme ingeskryf is. Woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê die departement ondersteun behoorlike onderrig vir gevangenes:
Korrektiewe Dienste sal begin om studiebeleid aan te pas na hofbeslissing oor onderrig van gevangene [KLANK]
ENG-NxumaloOnRuling