# Die Egiptiese Rooi Halfmaan sê 153 vragmotors met noodleniging is op pad na Gaza via die Rafah-grensoorgang, na die aankondiging van ‘n wapenstilstandsooreenkoms tussen Israel en Hamas. Twee bronne vir die Egiptiese hulporganisasie het bevestig dat 153 hulpvragmotors deur ‘n ompad by die Rafah-grensoorgang aangekom het, op pad na die Kerem Shalom-grensoorgang, om die Gazastrook binne te gaan. Tagtig van die vragmotors is van die Verenigde Nasies, 21 van Katar en 17 van die Egiptiese Rooi Halfmaan.
Konvooi hulpvragmotors uit Egipte op pad na Gaza