# Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Projek- en Konstruksiebestuursberoepe het in vennootskap met die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur ‘n brosjure vir die registasie van maatskaplike fasilitering bekendgestel. Die bekendstelling val saam met die raad se 25ste bestaansjaar. Die president van die Raad, Sharon Shunmugam, sê die inisiatief het ten doel om samewerking tussen gemeenskappe en infrastruktuurprojekte te verbeter. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê professionele maatskaplike fasiliteerders kan help om projekonderbrekings te voorkom deur vroeë gemeenskapsbetrokkenheid, deursigtige werwing en doeltreffende beslegting van geskille.
Konstruksieraad stel professionele registrasie vir maatskaplike fasiliteerders bekend