# Die Konstitusionele Hof het AfriForum se aansoek om verlof tot appèl teen twee hofbeslissings oor die dreunsang Kill the Boer van die hand gewys. Voorheen is bevind dis nie haatspraak nie. Die hoogste hof sê die appèlaansoek het geen redelike vooruitsigte op sukses nie. AfriForum het die saak teen die EFF, sy leier, Julius Malema, en die voormalige EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi aanhangig gemaak.
Konstitusionele Hof wys AfriForum se appèl-aansoek teen ‘Kill the Boer’ van die hand