Skip to content

Konstitusionele Hof verwerp Mkhwebane se appèl oor R10-miljoen-gratifikasie

# Die Konstitusionele Hof het die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aansoek van die hand gewys om regstreeks daarheen te appelleer oor die weiering om haar gratifikasie van tien-miljoen-rand uit te betaal. News24 berig Mkhwebane beweer sy het gely as gevolg van die weiering, maar die hof het geen gronde vir ‘n regstreekse appèlaansoek gevind nie. Hoofregter Mandisa Maya en die ander regters het die aansoek eenparig van die hand gewys sonder om koste toe te ken. Mkhwebane het gesê haar aansoek moes in belang van geregtigheid aangehoor word.