# ‘n Kandidaat vir ‘n vakature in die Konstitusionele Hof, regter Nambitha Dambuza,, sê dis noodsaaklik dat die hoogste hof geslagsverteenwoordiging weerspieël. Die Regterlike Dienskommissie het vandag met onderhoude begin en sal tot die 15de voortgaan om vakatures in die land se hoër howe te vul. Kandidate op die kortlys doen aansoek by onder andere die Konstitusionele Hof, die Appèlhof, die Hooggeregshof en die Arbeidshof. Dambuza beklemtoon ‘n geslagsbalans sal die publiek se vertroue in die regbank verhoog:
Konstitusionele Hof-kandidaat Dambuza beklemtoon geslagsverteenwoordiging [KLANK]
ENG-DambuzaOnRepresentation