# Die Konstitusionele Hof sal vandag uitspraak lewer in die DA se aansoek om die burgerskap van alle Suid-Afrikaanse burgers te beskerm. Die party vra vir ‘n bevel ter bevestiging van die Appèlhof se uitspraak dat ‘n artikel van die Wet op Burgerskap van 1995 ongrondwetlik en ongeldig is. Dit is in die mate dat dit daartoe lei dat burgers hul burgerskap verloor met die vrywillige en formele verkryging van burgerskap van ‘n ander land, tensy hulle vooraf toestemming van die minister van Binnelandse Sake verkry.
Konstitusionele Hof gee vandag uitspraak oor die DA se saak oor die Burgerskapwet