Skip to content

Koning Misuzulu onthef weer tradisionele eerste minister Thulasizwe Buthelezi van sy pos

# Die AmaZulu-koning, Misuzulu kaZwelithini, het eerwaarde Thulasizwe Buthelezi weer onthef van sy pos as tradisionele eerste minister van die Zoeloe-nasie. Die koning sê in ‘n verklaring die besluit is geneem ingevolge die aanstellingsooreenkoms wat in Desember onderteken is. Die adjunk-tradisionele eerste minister, Inkosi Phathisizwe Chiliza, is met onmiddellike ingang as Buthelezi se plaasvervanger aangestel. Die koning het Buthelezi bedank vir sy diens en die koninklike huis, amakhosi en die Zoeloe-nasie gevra om Chiliza te ondersteun.