# Die AmaZulu-koning, Misuzulu kaZwelithini, bepleit respek vir Suid-Afrika se immigrasiewette en sê gedeelde kulturele en geskiedkundige bande in Suider-Afrika behoort nie onwettige migrasie te regverdig nie. Die koning het tydens ‘n amptelike besoek aan Zimbabwe aan president Emmerson Mnangagwa gesê Afrika-identiteit oorskry landsgrense, maar soewereine nasies het die reg om hul immigrasiewette af te dwing. Hy beklemtoon sy eie toegang tot Zimbabwe het wettige stappe vereis, en voeg by grensbeheer moenie met xenofobie verwar word nie.
Koning Misuzulu bepleit respek vir immigrasiewette tydens bilaterale gesprekke met Zimbabwe