Skip to content

Kongo bied vanaf Januarie 2027 visumvrye toegang aan Afrika-burgers met geldige paspoorte

# Die Demokratiese Republiek die Kongo het aangekondig Afrika-burgers in besit van ‘n geldige paspoort sal vanaf 1 Januarie 2027 visumvrye toegang hê. President Denis Sassou Nguesso sê die stap het ten doel om Afrika-eenheid, handel en streeksintegrasie te versterk. Die besluit is in Brazzaville aangekondig tydens die Afrika-ontwikkelingsbank se vergadering. Kongo sluit aan by ‘n toenemende aantal Afrikalande wat reisbeperkings vir mede-Afrikane verlig om toerisme, beleggings en grensverkeer op die vasteland ‘n hupstoot te gee.