# Die kommissie vir kultuur-, godsdiens- en taalregte het ʼn ondersoek begin na die oorsake van sterftes in die winter-inisiasieseisoen. Drie-en-veertig jongmans is dood, 12 is ontvoer, 75 is in die hospitaal opgeneem, 180 is gered, daar is afgekom op 58 onwettige inisiasieskole, 150 strafregtelike sake is aanhangig gemaak en 40 mense is gearresteer. Die kommissie se ondervoorsitter, George Mahlangu, sê die ondersoek sal bepaal of die Wet op Gebruiklike Inisiasie behoorlik toegepas word en gapings in die regulering van inisiasieskole identifiseer:
Kommissie vir kultuur-, godsdiens- en taalregte gaan oorsake van inisiasiesterftes in winterseisoen ondersoek [KLANK]
ENG MahlanguOnHotspots