# Die Madlanga-kommissie het gehoor die Polisiediens het die afgelope vyf jaar nie ‘n enkele volledige leefstyloudit uitgevoer nie. Die teen-korrupsie-deskundige, Albertus Schoeman, getuig die polisie het slegs staatgemaak op leefstyloorsigte en -ondersoeke. Hy sê oorsigte vergelyk verklaarde bates met inkomste, terwyl ondersoeke fokus op moontlike onverklaarde welvaart of onregmatige inkomste. Schoeman sê geen sake is gedurende die oorsigtydperk verwys vir ‘n volwaardige leefstyloudit nie:
Kommissie hoor polisie het die afgelope vyf jaar leefstyloudits oorgeslaan [KLANK]
ENG-SchoemanOnAudits