Skip to content

Kommer oor Israel se besluit om NRO’s wat hulp in Gaza verleen se registrasie in te trek

# Die meeste organisasies wat hulp in Gaza verleen, sal waarskynlik binne weke hul bedrywighede moet staak tensy Israel sy eis onttrek dat hulle sensitiewe inligting oor Palestynse werkers verskaf. Dit is volgens die Humanitêre Landspan in die Palestynse gebied. Nieregeringsorganisasies wat nie onder die nuwe stelsel geregistreer is nie, mag reeds nie enige voorrade na Gaza stuur nie. Die VN maan Israel om sy eis te heroorweeg en sê internasionale wette word oortree wanneer hulle werk belemmer word.