# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling verwelkom die streng interne beheer- en omsigtigheidsmaatreëls wat die Departement van Kleinsake-ontwikkeling en die Agentskap vir die Befondsing van Kleinsake-ontwikkeling ingestel het. Die maatreëls moet verseker die Spazawinkel-steunfonds bereik die beoogde begunstigdes naamlik kwalifiserende Suid-Afrikaanse burgers wat wettige spazawinkels bedryf. Die komitee se voorsitter, Masefako Dikgale, sê altesaam 930 uitbetalings ter waarde van bykans 57-miljoen-rand is reeds gedoen. Sy het die departement en die agentskap geprys oor die versterking van hul keuringsprosesse.
Komitee verwelkom streng beheermaatreëls om Spazawinkel-steunfonds te beskerm