# Die Kaapstadse Metropolisie het gister ‘n bestuurder met kokaïen ter waarde van ongeveer 35-duisend-rand betrap ná ‘n hoëspoed-jaagtog in Brackenfell. Die bestuurder het te voet probeer vlug en ook probeer om beamptes om te koop met byna sewe-duisend-rand kontant. Die polisie het in die afgelope week 310 mense in hegtenis geneem en meer as 25-duisend-boetes vir verseie oortredings uitgereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die verdagte word aangekla van die besit van dwelms, omkopery en verset teen arrestasie:
Kokaïen ter waarde van R35 000 ontdek tydens verkeersoortreding in Kaapstad [KLANK]
AFR SmithOnDrugBust