Skip to content

Kohler Barnard van die DA vry om weer by die parlementêre ad hoc-komitee aan te sluit [KLANK]

# Die DA-parlementslid Glynnis Breytenbach sê partylid Dianne Kohler Barnard sal weer aansluit by die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Hy het haar beskuldig dat sy geklassifiseerde intelligensie-inligting verkeerd hanteer het. Die DA het ‘n regsmening van advokaat Michael Bishop van die Kaapstadse Balie verkry, wat geen bewyse van vooroordeel of belangebotsing gevind het nie. Breytenbach sê Kohler Barnard sal haarself verskoon wanneer sake opduik wat haar regstreeks raak:

ENG-BreytenbachOnKohlerBarnard