# Die Nasionale Vervolgingsgesag het klagtes teen voormalige G4S-werknemer, Motanyane John Masukela, in die Thabo Bester-tronkontsnappingsaak teruggetrek. Masukela was aan diens tydens Bester se beweerde nagemaakte dood en het saam met agt medebeskuldigdes in die Bloemfonteinse Hooggeregshof verskyn vir ‘n voorverhoorkonferensie. Klagtes teen drie ander G4S-werkers in in Oktober 2023 teruggetrek. Staatsaanklaer Amanda Bester het die terugtrekking van klagte bevestig sonder verduideliking of besware. Die saak is uitgestel tot 19 September:
Klagte teruggetrek teen vorige G4S-werknemer Motanyane Masukela in Bester-ontsnappingsaak [KLANK]
ENG-BesterOnMasukela