Skip to content

Killarney Herwinningsentrum hervat volle bedrywighede

# Die Stad Kaapstad sê die Killarney Gemeenskapsherwinningsentrum, voorheen bekend as die Killarney Drop-off-fasiliteit sal van Woensdag af weer ten volle in werking tree. Die stad sê die beplande opgraderings en instandhouding by die fasiliteit is suksesvol voltooi. Die werk het verbeterings ingesluit wat bedoel is om veiliger en meer doeltreffende bedrywighede te ondersteun, stormwaterbestuur te verbeter en die langtermyn-volhoubaarheid van die fasiliteit te verseker. Die stad sê gebruikers mag ‘n maksimum van drie vragte per voertuig per dag weggooi.