Skip to content

Kiëf verklaar Vrydag as roudag nadat minstens 18 mense dood is in Russiese aanvalle

# Die burgemeester van Kiëf, Vitali Klitschko, het aangekondig môre sal ‘n dag van rou in die Oekraïense hoofstad wees nadat minstens 18 mense dood en meer as 90 beseer is, toe Rusland vanoggend honderde hommeltuie en missiele afgevuur het. Verskeie ontploffings het Kiëf geskud terwyl duisende inwoners in bomskuilings en ondergrondse metro-stasies geskuil het. Stadsamptenare sê daar is steeds mense wat in beskadigde geboue vasgekeer is. Die aanval was die dodelikste sedert Mei toe 24 mense dood is nadat ‘n woonstelblok getref is.