# Die openbare verhore van die Khampepe-kommissie van ondersoek is tot die 26ste van die maand uitgestel om mondelinge voorleggings oor die aansoek om onttrekking van senior advokaat Ishmael Semenya toe te laat. Die stap volg op prosedurele geskille rondom die lei van getuienis en die rol van getuienisleiers teenoor partye se regsverteenwoordiging. Die kommissie sou vandag begin met sy verhore oor beweerde politieke inmenging in vervolgings wat deur die Waarheids- en Versoeningskommissie aanbeveel is. Die Khampepe-kommissie het ses maande om sy verrigtinge af te handel.
Khampepe-kommissie se openbare verhore tot 26 November uitgestel