# Die opperleier van Iran, Ayatollah Ali Khamenei, sê Amerika het niks gebaat by sy aanval op die Islamitiese Republiek tydens die 12-dag oorlog met Israel, waarin sy kernaanlegte geteiken is nie. In ‘n verklaring aan staatsmedia, het Khamenei gesê die VSA het direk tot die oorlog toegetree want hy was oortuig dat sonder sy ingryping, sou Israel totaal uitgewis gewees het. In die eerste openbare kommentaar sedert Dinsdag se wapenstilstand, beweer Khamenei dat die Islamitiese Republiek gewen het, en het uit vergelding Amerika ‘n ernstige klap in die gesig gegee.
Khamenei beweer Iran het oorlog gewen en Amerika ‘n ‘ernstige klap in gesig’ gegee