Skip to content

Khakhau beklemtoon afdanking skeld Nkabane nie vry van rekenskap aan Parlement nie [KLANK]

# ‘n Lid van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys, Karabo Khakhau, sê die gewese minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, moet steeds aan die komitee verantwoording doen. Khahkau het tydens ‘n debat die regsmening bevraagteken dat Nkabane gevrywaar is van optrede teen haar. Sy hou vol die Parlement het steeds die mag om Nkabane as ‘n private burger te dagvaar. Khakhau meen dis die komitee se plig om aanspreeklikheid te handhaaf en sê Nkabane se afdanking maak nie korrupsie-aantygings teen haar, of vorige misstappe in haar kantoor ongedaan nie:

ENG-KhakhauOnCommittee