# Die hof het beslis die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene, moet die EFF-leier, Julius Malema, se regskoste betaal in ‘n lastersaak wat spruit uit beledigende opmerkings wat Kunene in Mei verlede jaar gemaak het tydens ‘n PA-saamtrek. Kunene het beweer Malema het bande met die vermeende sigaretsmokkelaar, Adriano Mazzotti, en dat hy dwelms van hom gekry het. Volgens die hof is Kunene se stellings lasterlik en sonder bewyse. Malema het een-miljoen-rand in skadevergoeding geëis en beweer die opmerkings het sy reputasie skade berokken.
Kenny Kunene moet koste van Malema-lastersaak betaal