# Die polisie in Kenia sê die skietdood van ‘n parlementslid Woensdagaand in die hoofstad, Nairobi, deur ‘n man op ‘n motorfiets, lyk of dit vooraf beplan was. Die parlementslid Charles Were is doodgeskiet toe sy voertuig by ‘n verkeerslig stilgehou het. Die aanvaller wat ‘met ‘n passasier op ‘n motorfiets was, het afgeklim en na die voertuig gestap waar hy die skote gevuur, weer op die fiets gespring en weggejaag het. Were was ‘n lid van die opposisie ODM-party van Raila Odinga wat in die 2022-verkiesing teen William Ruto verloor het.
Keniaanse polisie sê moord op parlementslid was vooraf beplan