Skip to content

Kenia betaal vergoeding aan slagoffers van seksuele geweld ná die 2007-verkiesing

# Kenia het vergoeding betaal aan vier vroulike slagoffers van seksuele geweld wat ná die 2007-verkiesing uitgebreek het. Hierdie is die eerste betaling van sy soort in die land. Voorspraakgroepe het bevind minstens 900 mense is seksueel aangerand, wat groepsverkragting en kastrasie insluit, tydens die vlaag van geweld wat meer as ‘n dekade gelede in die land gewoed het. ‘n Hooggeregshof het in 2020 die regering beveel om vergoeding aan vier vroue te betaal, met regtegroepe wat bevestig het amptenare het gister in ‘n “geskiedkundige” stap fondse van ongeveer 550-duisend-rand aan elke slagoffer toegestaan.