# Parlementslede in die Verenigde Koninkryk het ʼn mosie verwerp dat ʼn parlementêre ondersoek ingestel word om te bepaal of eerste minister Keir Starmer die Laerhuis mislei het oor Peter Mandelson se aanstelling as ambassadeur in Amerika. Die Huis het met 335 teen 223 teen ʼn mosie onder leiding van die Konserwatiewe Party gestem. Mandelson het volgens berigte mark-sensitiewe inligting met die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein, gedeel terwyl hy van 2008 tot 2010 ʼn minister was. Die Arbeidersparty beskryf die mosie as ʼn politieke foefie.
Keir Starmer spring parlementêre ondersoek vry oor Peter Mandelson se werwingsproses